Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 10 AUGUSTUS 2014

Goeiemôre en welkom hier by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik) vanuit ____________________.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 sentraal Afrika tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 sentraal Afrika tyd in Engels op HF en verskeie BHF en UHF herhalers oor die land heen. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad by www.sarl.org.za.

‘n Teksweergawe van hierdie bulletin en vorige bulletins kan op die Liga se webwerf verkry word, klik op ‘News’ op die linkerkant. Jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN VANDAG SE NUUS

DIE SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA EN OKOSA HET 'N WERKSWINKEL DIE AFGELOPE WEEK GEHOU

TYD LOOP UIT OM TE BESPREEK VIR DIE RADIO TECHNOLOGY SIMPOSIUM BY DIE NARS

SUPER SONSTORMS KAN GEVAARLIK WEES

en

VERMIS JY JOU AMATEURRADIO LISENSIE?

Die top storie vandag

** Suid-Afrikaanse Radioliga verteenwoordigers het met OKOSA op Vrydag tydens 'n werkswinkel verskeie lisensie probleme bespreek. Die bespreking het ingesluit wedersydse lisensiëring, die uitbreiding van die 160 m-band, vermeerdering van krag op HF en sommige BHF bande, herhalerbeplanning en koördinering en opdatering van die memorandum van verstandhouding wat betrekking het op die radio amateur eksamen en ander administratiewe kwessies.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga het 'n aantal dokumente voorgelê oor hierdie onderwerpe. Okosa sal nou kyk na die verskillende voorstelle en terugvoer gee aan die Suid-Afrikaanse Radioliga oor die volgende paar weke oor hoe hierdie kwessies so vinnig as moontlik aangespreek kan word.

Die werkswinkel is bygewoon deur Suid-Afrikaanse Radioliga President Geoff Levey, ZS6C, Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, Nico van Rensburg ZS6QL en Colin De Villiers, ZS6COL.

** Die volgende Suid-Afrikaanse Radioliga Radio Tegnologie in Aksie simposium sal gehou word by die Nasionale Amateur Radio-sentrum by Radiokop op 23 Augustus. Besprekings is nou oop. As jy beplan om te woon, maak asseblief so gou as moontlik jou bespreking om die organiseerders te help met hulle beplanning en spyseniering. Volledige besonderhede kan gevind word op die tuisblad op die Suid-Afrikaanse Radioliga.

Tony Voorveld, ZS6CCD, sal die openings toespraak lewer getiteld "The Magic lampe". Onder die ander interessante aanbiedings is ‘Antenna Modelling with NEC2’ aangebied deur Vincent Harrison, ZS6BTY, digitale modusse soos toegepas in amateur radio - hoe werk dit? aangebied deur Riaan Greeff, ZS4PR, en die Suid-Afrikaanse Radioliga Geïsoleerde USB send/ontvanger beheerkoppelvlak boustel aangebied deur Frik Wolff, ZS6FZ. Kry die volledige besonderhede ook op die web.

Die Pretoria RTA sal gehou word op 13 September by die Innovation Hub.

** Een van die grootste sonstorms wat die aarde getref, het op 13 Maart 1859 plaasgevind tydens sonsiklus 10, wat veroorsaak is deur 'n baie groot X-15-klas son fakkel of koronale massa-uitwerping (CME) wat drie en 'n half dae vroeër op die oppervlakte van die son verskyn het. Auroras was sigbaar in die noordelike halfrond as die Aurora Borealis en so ver suid as die Karibiese Eilande. Dit kon ook gesien word as die Aurora Australis in die suidelike halfrond in Queensland, Australië. Dit was helder genoeg in die nag om een in staat te stel om 'n koerant te lees.

Vyf dae later is dit opgevolg deur 'n ander CME wat binne 17½ ure na die aarde gereis het en selfs 'n beter Aurora as die eerste een geproduseer het. Telegraafmaste het vonke gegooi en 'n paar telegraaflynstelsels het misluk, terwyl telegraafoperateurs elektriese skokke ontvang het. Nog 'n CME het in Mei 1921 plaasgevind waar telegraafdienste onderbreek is en ondersese kabels geraak is tydens die storm, maar radio ontvangs van interkontinentale radioseine op MG en LG verbeter.

In 1989 het 'n sonstorm 'n groot kragonderbreking in Quebec, Kanada veroorsaak, dit het hulle 735 kilovolt kraglyne beinvloed en verskeie hoë spanning transformators is by sub-stasies uitgebrand. 'n X-klas fakkel is in Maart 2012 vrygestel wat die aarde rakelings gemis het. 'n Direkte treffer van 'n super CME sal chaos veroorsaak aan ons elektroniesestelsels op die aarde sowel as vir ons satelliete - ons kan sonder elektriese krag vir maande wees, dit sal ons Eskom kragonderbrekings soos 'n kleuterskool-piekniek laat lyk!

** Suid-Afrikaanse Radioliga Lidmaatskapbetaalings was op 1 Julie betaalbaar. As jy nog nie betaal het nie, doen dit nou asseblief. As jy nie jou rekening kan op spoor nie, bel Vonnie by 011 675 2393 op Maandag. Om 'n lid van die Suid-Afrikaanse Radioliga te wees is belangrik as jy ernstig is oor jou stokperdjie en die voorregte wat radio amateurs geniet. Lidmaatskap gee ook afslag met die bywoning van die RTAs, bestellings van boustelle of die aankoop van boeke van die SA Amateurradioontwikkelingstrust.

** Okosa het bevestig dat alle betaalde amateur lisensies uitgereik en gepos is. As jy dit nie ontvang het nie, maak seker dat jy OKASA ingelig het oor jou korrekte adres. Alle navrae oor nie ontvangs van lisensies moet per e-pos gerig word aan dkuhrau@icasa.org.za

** Andrew, ZS2G, sê: "Hi almal, ongelukkig was ons poging om die SOTA aktivering van Kompasberg, ZS/EC-002, op Sondag 3 Augustus onsuksesvol as gevolg van hoë winde. Die groepleier wou, om veligheids redes, nie toelaat dat ons voortgaan om die baie steil deel van die Kompasberg te klim nie.

'n Paar van ons is van plan om vanaf Lady Slipper, ZS/EC-016, vroeg een Sondagoggend in die nabye toekoms te werk. Ons sal 'n aankondiging op die Suid-Afrikaanse Radioliga Forum maak 'n bietjie nader aan die tyd. Die radio sal 20 Watts SSB op 40 m uitsit en 4 Watts FM op 2 m.

Dave, ZS2DH, Mandy, ZS2AV, en ek hoop om Ben Macdhui, ZS/EC-001 te aktiveer oor die Desember 2014/Januarie 2015 tydperk, so kry elk twee aktiverings (20 punte) in. Dit kan 'n ekstra 60 punte vir die jaers wees!"

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, en nou kyk ons na kompetisienuus en nuus van die klubs.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Digitale kompetisie sal gehou word op Sondag 17 Augustus van 13:00 tot 16:30 UTC met aktiwiteit op 20, 40 en 80 meter. 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin word uitgeruil. Deelname kan wees as 'n enkeloperateur enkel band; ’n enkeloperateur alle bande; ‘n multi-operator enkel band of 'n multi-operateur alle bande stasie. Digitale kontakte tel 2 punte, tel twee punte vir elke roep gebied op elke band en tel 2 punte vir elke stasie gekontak op al drie bande. Daar sal 'n gelukkige trekking wees vir 'n ARRL Antenna boek ter waarde van meer as R900. Om deel te neem aan die gelukkige trekking, moet 'n deelnemer 'n log dien met 'n minimum van 15 kontakte. Kry die volledige reëls in die kompetisiehandboek.

Let daarop dat die reëls vir hierdie kompetisie verskil van die reëls vir die ander drie digitalekompetisies wat deur die loop van die jaar gehou word.

** Die Internasionale Vuurtoring- en Ligskipnaweek vind plaas op 16 en 17 Augustus en dit is nie 'n kompetisie nie, maar 'n prettige aktiwiteit om vuurtorings wêreldwyd kontak en om die bewaring van hierdie strukture aan te moedig. Op die oomblik is dertien Suid-Afrikaanse vuurtorings by www.illw.net geregistreer vir die Vuurtorringnaweek. Robbeneiland sal aktief wees, so jy kan 'n vuurtoring nommer sowel as IOTA AF-064 eis.

** Die volgende Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug net word op 7 September om 15:00 gehou en die net sal op 7070 kHz wees. Klubs word uitgenooi om hul klubstasie te aktiveer en jong mense te fasiliteer om by die net te sluit. Die net word gehou op elke eerste Sondag van die maand.

** Die bande was baie aktief vir die Winter QRP Kompetisie gehou op 19 Julie. Agt logs en een kontrole log is ontvang. Die uitslae is as volg:

Tuisstasie
Wicus Ross, ZS1WWW, 12 punte

Veldstasie
Westrand ARK, ZS6WR, 406 punte
Pretoria ARK, ZS6PTA, 182 punte
Bloemfontein ARK, ZS4BFN, 96 punte, aktief vanaf SOTA FS-018

Ultra-lig draagbare veld stasie
Rudi Venter, ZS6DX, 1 260 punte
Pierre van Deventer, ZS6A, 306 punte
John Kramer, ZS5J, 204 punte
Eddie Leighton, ZS6BNE, 90 punte

Johannes Geldenhuys, ZS2JO, het die kontrole log ingestuur. Baie geluk aan die wenners

** Teen gistermiddag is 23 logstate vir die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Foon kompetisie gehou op Sondag 3 Augustus ontvang. Die meerderheid van die deelnemers het die kompetisie reëls gelees en die logstate in die korrekte formaat gestuur met hul roepsein in die naam van die log.

Ongelukkig is daar deelnemers wat nie die reëls gelees het nie en 'n log sonder 'n roepsein in die naam gestuur. Twee logstate is ontvang as jpg-lêers en sal as kontrolelogs dien. Jy het tot middernag vanaand om jou log in te stuur of jou gekorrigeerde log in te stuur na zs4bfn@gmail.com

** Aansoeke vir lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van die volgende persone:
Bianca Wessels, ZSL1114; Cedric Mashaba, ZSL1115, en Timothy Venn, ZR6TTV.
Louw Murray Erasmus, ZS6LME het aansoek gedoen om weer aan te sluit by die Suid-Afrikaanse Radioliga

Enige besware teen die aanvaarding van die aansoeke moet die sekretaris-sekretaris voor of op die Dinsdag na die bulletin bereik. Tot op datum het 1 156 lede weer hul lidmaatskap hernieu en daar is 27 klubs reeds affilieer tot die Suid-Afrikaanse Radioliga vir vanjaar.

** Die Boland Amateurradioklub en die Kaapstad Amateurradiosentrum se nuus-bulletins is nou beskikbaar op Echolink. Die Boland bulletin word uitgesaai op Sondae om 05:45 UTC in Afrikaans en die Kaapstad bulletin om 06:45 UTC in Engels. Die Echolink node is ZS1DCC-R. Die Echolink aktiveer outomaties 10 minute voor die bulletin en sal weer na die bulletin afskakel.

** Op die onlangse jaarvergadering van die Kaapstad Amateurradiosentrum gehou op 26 Julie, is die nuwe komitee verkies:

Voorsitter - Rob Bareham, ZS1SA
Vise-voorsitter - Noel Futter, ZS1FW
Sekretaris / Nuusbrief Redakteur, Anne Bareham
Tesourier - Danny Blanckenberg, ZS1BL
Openbare Betrekkinge - Shaun Overmeyer, ZS1RA
Bulletins - Tony McKewen, ZS1TM
Wes-Kaap Herhaler Werkgroep verteenwoordiger - Paul Johnson, ZS1S
Vergadering Logistiek / WCHWG verteenwoordiger - Paul Kennedy, ZS1PXK
QSL Bestuurder / klubhuissekuriteit - Deon Erwin, ZS1ZL
Fotograaf en BlogSpot - Nick Curwell, ZS1ZD

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is nie veel van 'n kans vir ernstige sonfakkels nie. Vir diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 60. Amateurs gaan die drie DX-bande van 20 tot 15 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Wat is in die Dagboek van Gebeure?

16 en 17 Augustus - Die Internasionale Vuurtoring- en Ligskip naweek
17 Augustus - die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Digitale Kompetisie
23 Augustus - RTA by die Nasionale Amateurradiosentrum
31 Augustus - Suid-Afrikaanse Radioliga HF GG Kompetisie
7 September - Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug net
13 September - RTA by die Innovation Hub

Ons sluit vanmôre se bulletin af met ‘n terugblik op ons hoofberig:

Suid-Afrikaanse Radioliga verteenwoordigers het met OKOSA op Vrydag tydens 'n werkswinkel verskeie lisensie probleme bespreek. Die bespreking het ingesluit wedersydse lisensiëring, die uitbreiding van die 160 m-band, vermeerdering van krag op HF en sommige BHF bande, herhalerbeplanning en koördinering en opdatering van die memorandum van verstandhouding wat betrekking het op die radio amateur eksamen en ander administratiewe kwessies.

Dit bring ons aan die einde van die Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, en ook verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies word landswyd gedoen.

'n Heruitsending vind plaas op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz. Besoek die webblad www.podpage.co.za om ook ander interessante amateurradio verwante potgooi artikels af te laai.

Ons ontvang ook graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle vir nuus-bulletins. Stuur `n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel, nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat saamgestel en geredigeer is deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees is deur ___________________________

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003